Bostonslagting

Paul Revere se gravering van die Boston-slagting

Die Bostonslagting is 'n insident waartydens vyf burgerlikes deur Britse soldate doodgeskiet is nadat hulle die soldate met sneeuballe bestook het. Die insident het op 5 Maart 1770 in Boston, Massachusetts in die Verenigde State van Amerika plaasgevind. Dit was destyds 'n Britse kolonie.[1]

'n Groot skare het die aand voor die Custom House in Kingstraat saamgedrom. 'n Britse soldaat, genaamd Hugh White, slaan 'n seun omdat hy sy bevelvoerder beledig het. Die seun hardloop weg en kom later met 'n skare woedende mense terug. Nog Britse soldate daag op om Hugh White teen die mense te beskerm. Die skare gooi sneeuballe met mossels daarin na die soldate. Soos die skare groei raak die toneel meer en meer chaoties. 'n Persoon in die skare skree: "Vuur". In die verwarring brand 'n paar soldate op die mense los. Crispus Attucks, 'n Afro-Amerikaanse man was een van die eerstes wat in die insident sneuwel.[2] Uiteindelik is vyf mense doodgeskiet en 'n verdere ses gewond.

  1. "Boston Massacre". Boston Massacre Historical Society. http://www.bostonmassacre.net/plot/detailed1.htm. Besoek op 3 Maart 2010. 
  2. "Africans in America/Part 2/Crispus Attucks". pbs.org (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Oktober 2019. Besoek op 17 November 2010.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search